Topverkopers vir die week.
10 Enigma – Rudie Van Rensburg
9 My skaduwee loop los – Zirk van den Berg
8 ’n Knippie moord – Elsa Winckler
7 Pompeii – Bets Smith
6 Donkerhart – Henda Olivier
5 Bethulie – Rensche van der Walt
4 Daardie lewe Karel Schoeman – Ria Winters
3 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler
2 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
1 Grensloos – Wilna Adriaanse
Magietyd Plaas – Bouncy Ball. R240, Jonathan Ball

https://graffitibooks.co.za/products/9781776195428
Sê hallo vir al die plaasdiere! Met ’n besige plaastoneel aan die een kant en duidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Magietyd Safari – Bouncy Ball. R240, Jonathan Ball

https://graffitibooks.co.za/products/9781776195411
Sê hallo vir al die safaridiere! Met ’n besige safaritoneel aan die een kant en duidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Graffiti gee dié week ook ’n Zoeloe-uitgawe van Safari weg!
Kuberverraad – DeWet Bisschoff. R320, Turksvy Publikasies

https://graffitibooks.co.za/products/9781048302219
Net voor Suid-Afrika se nasionale verkiesing word die land die teiken van Umlilo – ’n geheime plan om chaos te saai en ’n kommunistiese diktatorskap te vestig. Die Professor, ’n KGB-agent met ’n persoonlike vendetta, trek die toutjies. Mac en sy span moet ’n KI-fopnuusaanval stuit.
Terwyl hy veg teen digitale en fisieke vyande, word sy geliefde Sonja deur die CIA gewerf en by ’n gevaarlike dubbellewe ingesleep. Jerome, sy mentor met twyfelagtige belange, word ingespan om die geheime operasies te neutraliseer. Intussen word Shortie, Mac se lojale vriend, meegesleur in ’n wraakreis ná ’n bloedige aanval in Constantia.
Wanneer geld, wapens en geheime besendings se pad kruis met die Boeremag en ’n Russiese vloot, besef Mac en sy bondgenote die demokratiese eksperiment is op die rand van vernietiging, wat die wêreldorde kan verander. Kan Mac, Sonja, Jerome en Shortie die verraad keer – of is dit reeds te laat?
Donkerhart – Henda Olivier. R350 – Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798186209
Ná haar tweejarige dogter, Mia, se raaiselagtige verdwyning ses jaar gelede, worstel Tilla Allers steeds met erge PTSS. Die veroordeelde reeksmoordenaar Ricky Erwee is agter tralies, maar klein Mia se oorskot is nooit gevind nie.
Tilla het haar veeartsenypraktyk prysgegee en haar tienerdogter, Petra, by haar eksman Altus en sy nuwe vrou agtergelaat om ’n kluisenaarsbestaan op die familieplaas naby Bremel in die Vrystaat te voer.
Wanneer Jonker Cloete, ’n jong filmmaker van Nieu-Seeland, sy opwagting op Bremel maak om ’n dokumentêr oor Mia se verdwyning te vervaardig, begin die dorpenaars hul herinneringe opdiep en spekuleer oor wat presies in 2019 gebeur het.
Tilla se grootste vrees is dat haar kind se oorskot wel gevind sal word en haar sorgvuldig gekonstrueerde lewe inmekaar sal laat tuimel indien sekere verborge familiegeheime aan die lig kom.
Donkerhart is ’n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is tans beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.
KOMPETISIE
Beantwoord die volgende vraag:
Wie het Donkerhart geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997
Inskrywings sluit Maandag 3/08/2026
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Verlede week se wenner: Karien Stafford van Upington.