Luister nou

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Deur Redaksie

Topverkopers vir die week.

10 Donkerhart – Henda Olivier

9 Daardie lewe: Karel Schoeman – Ria Winters

8 Wat die witbors wou sê – Elmarie Dercksen

7 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp

6 Enigma – Rudie van Rensburg

5 Goed genoeg – Gerridene Berg

4 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

3 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler

2 Grensloos – Wilna Adriaanse

1 Bethulie – Rensche van der Walt

 

Die avonture van Wilde Willemientjie – Riana Scheepers. R250, Tafelberg

Illustrasies: Vian Oelofsen

Bestel hier –

Die avonture van Wilde Willemientjie

’n Bundel met die 6 Wilde Willemientjie-avonture wat oorspronklik in 2 afsonderlike boeke (2006 en 2009) verskyn het. Hierdie uitbundige, selfs woeste prenteboeke sleur jong lesers mee. Riana Scheepers se rymvernuf en Vian Oelofsen se illustrasies laat dié baba, wat nie om dowe neute Wilde Willemientjie heet nie, in volkleur lewe kry. Sy is wild!

Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie se wildheid wêreldbekend en is sy haar oupa se oogappel. Nie net het haar ouers g’n raad met haar nie, ook skurke en jagters laat sy les opsê.

Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy deur die wêreld: na die Kalahari, die Tsitsikamma-woud en Paternoster en, les bes, ook die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.

 

Historiese Almanak – Albé Grobbelaar. R420, Turksvy

Bestel hier – https://graffitibooks.co.za/products/9781049250809

Historiese Almanak is ’n keur uit die skrywer se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie.

Reg van die begin af was dit die unieke aanslag van dié programme en rubrieke wat luisteraars en lesers vasgenael gehou het. Die wenverhaal duur voort.

Die afdelingstitels is: Eie stories; Politiek en polemiek; Nuus van ’n ander aard; Uit Suid-Afrika se verlede; Oorlogsverhale; Baanbrekers, planmakers en uitskieters; Kalante, kreature en kaskenades; Kuns, vermaak en musiek; Skrywers en boeke; Silwerdoekstories; en Sportstaaltjies.

 

Pompeii – Bets Smith. R300, LAPA

Bestel hier – https://graffitibooks.co.za/products/9781779881007

Voor die uitbarsting van Vesuvius word Aeliana en haar moeder as slavinne uit Jerusalem weggevoer en bevind hulle hulle in Pompeii – ’n besige stad vol afgodstempels. ’n Vlaag teregstellings eis haar moeder se lewe en dryf die klein groepie oorlewende gelowiges na geheime ontmoetingsplekke uit vrees vir hul lewe. Haar kunstalente verseker haar ’n posisie in ’n villa, maar haar pligte strook soms nie met haar waardes nie.

Balthus, ’n gladiatorslaaf wat sy vryheid in ’n geveg gewen het, het haar moeder belowe om na Aeliana om te sien, maar haar wantroue veroorsaak innerlike konflik oor haar gevoelens vir hom. ’n Versigtige vriendskap ontstaan tussen die twee en sy voel toenemend veilig by hom. Maar is sy aangetrokkenheid tot haar slegs gegrond in sy skuldgevoelens en belofte? En kan sy hom vertrou om haar en die ander Christene veilig te hou?

Ná die plaasmoord op haar ouers worstel Liana met bitterheid en vrae oor God se genade. Sy aanvaar ’n wegbreekkans na Pompeii om restourasiewerk te doen. Liana verdiep haar in die muurkuns, mosaïeke en gebruiksitems by die Priscus-villa terwyl haar deernis vir die eertydse skilder en slawe groei.

Doktor Ulrich Balth en Liana het ’n stormagtige ontmoeting, maar sy kennis en vriendelikheid laat haar tog geleidelik teenoor hom ontdooi. Sy onverwagse begrip vir haar sporadiese bitterheid en hartseer laat haar vermoed dat hy self ook al kennis gemaak het met tragedie. Saam vlek hulle nie net die geheime van die laaste dae voor die ramp in Pompeii oop nie, maar ook hulle harte en verledes.

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.

KOMPETISIE

Beantwoord die volgende vraag:

Wat is die titel van Bets Smith se nuwe boek?

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997

Inskrywings sluit Maandag 20 Julie 2026

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Verlede week se wenner is Louisa de Villiers van Polokwane.

 

Gewilde Nuus

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Tafelberg-Stapper

Sanparke skerp veiligheid by Tafelberg ná aanvalle op

Ander Nuus Artikels

DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (19)
Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf
Fotokrediet: The Citizen
Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Luister nou