Topverkopers vir die week.
10 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp
9 My skaduwee loop los – Zirk van den Berg
8 Wat die witbors wou sê – Elmarie Dercksen
7 Afrikanerman – Mart-Marié Uys
6 Enigma – Rudy van Rensburg
5 ’n Knippie moord – Elsa Winckler
4 Bethulie – Rensche van der Walt
3 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler
2 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
1 Grensloos – Wilna Adriaanse
Grap gat – Hannes Barnard. LAPA, R190
https://graffitibooks.co.za/products/9780637012072
Verbeel jou ’n wêreld waar niks meer snaaks is nie …
Niemand lag nie. Daar is geen grappies nie, geen humor nie, niks. Net vervelige gesprekke en suur, ernstige mense.
Dis ’n probleem. Veral as jy ’n grapjas is soos Jakes. Maar wat steel mense se humor? Of eerder, wie steel dit?
Beste vriende Jakes, Bekka en Albert vermoed die superslinkse en superslim Semma het iets daarmee te doen. Hulle besluit om ondersoek in te stel, maar dinge loop erg verkeerd, en een van die trio raak weg …
Nou is dit ’n resies teen tyd om hulle vriend te red en te keer dat hulle, en die hele wêreld se humor, gesteel word. Maar in hulle pad is ’n groot GAT …
Jakes, Bekka en Albert nooi jou saam op die avontuur van ’n leeftyd om te sien wie laaste lag!
Skadumeisie – Anita van Niekerk. LAPA, R380
https://graffitibooks.co.za/products/9781776393183
Skadumeisie is ’n rou, eerlike en diep aangrypende getuienis van ’n vrou wat deur die donkerste moontlike menslike ervarings gegaan het – en tog die lig weer leer vind het.
Van ’n mishandelde kind op ’n Vrystaatse plaas wat ’n wreedaardige verkragting oorleef, tot ’n gebroke volwassene wat uitdagings soos verslawing, selfvernietigende gedrag en die dood in die oë moet kyk, ontvou Anita se verhaal as ’n stille kreet vanuit die skadu’s.
Met die gevolge van byna onnoembare trauma wat soos ’n swaard oor haar hang, navigeer sy haar lewenspad in ’n onwrikbare soeke na betekenis, volwaardige menswees en genade. Hierdie boek is nie net ’n oorlewingsverhaal nie, dit is ’n getuienis van hoop vir elke verwonde siel: Jy is nie onsigbaar nie, en selfs uit die diepste skadu’s kan lig weer gebore word.
Skadumeisie sal jou skok en pynlik meevoer, maar dit sal jou ook herinner aan die onvernietigbare krag van die menslike gees.
’n Ierse knoop – Elsa Winckler. LAPA, R280
https://graffitibooks.co.za/products/9781779860521
Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai te bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.
Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in hul area. Miné du Toit, sosialemedia-beïnvloeder, maak geraas oor bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns bewustheid skep oor die broosheid van die Kogelberg-biosfeer. En Lika Bester, ’n skrywer en boekwinkeleienaar, ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore.
Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.
Met die eerste opgrawings van die O’Connor-broers se ontwikkeling kom hulle op menslike oorskot af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of ’n ander slagoffer van vuilspel?
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitibooks.co.za teen 10% afslag.
KOMPETISIE
Beantwoord die volgende vraag:
Wie is die skrywer van ’n Ierse knoop?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.
Inskrywings sluit Maandag 13 Julie 2026.
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Verlede week se wenner is Altha Pieterse van Montana.