Die DA in Gauteng het ‘n strafregtelike klag teen die voormalige hoof van die departement van paaie en vervoer, Ronald Swartz ingedien. Dit spruit uit bewerings van onreëlmatige en verkwistende uitgawes tussen 2015 en 2017.
Volgens ’n forensiese verslag van PwC het Swartz moontlik die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree, met onreëlmatige uitgawes van meer as R220 miljoen, insluitend betalings aan Autopax en busmaatskappye.
Die DA sê die huidige LUR, Kedibone Diale-Tlabela, het bevestig dat geen van die geld teruggevorder is nie en dat slegs interne dissiplinêre stappe gedoen is – waarvan die besonderhede glo net aan die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi bekend is.
Volgens die DA moet daar daadwerklik opgetree word teen korrupsie en beloof hulle om die vordering van die ondersoek fyn dop te hou.