Die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste sê daar is seker gemaak dat die nuwe 12-dae-siklusmaaltydplan vir gevangenes aan gesondheidstandaarde voldoen.
Die komitee het gereageer nadat talle gevangenes steeds kla dat die nuwe eetplan nie voldoende is nie.
Volgens die voorsitter van dié komitee, Kgomotso Ramoboleng, is daar besluit om boontjies as bron van proteïen in die dieet te voeg en vleisporsies te verminder.
‘n Derde van die vorige dieet het uit hoender bestaan, ‘n derde uit beesvleis en ‘n derde uit vis. Die gevangenes sal nou twee dae beesvleis kry, twee dae hoender en die agt ander dae bone en ander proteïene.
Ramoboleng sê dié stap het geen uitwerking op voedingswaarde nie. Gevangenes meen egter steeds dat die kos nie goed gaargemaak word nie.
3 Responses
Dis n tronk, nie n hotel nie!! Brood en water is wat ek hulle sou gee. Hulle is daar oor hulle gestraf moet word, nie met vakansie nie!
Hulle moet net droë mieliepap kry, hulle is misdadigers geen HOTEL NIE. GIN WONDER DIE TRONKE IS SO VOL NIE.
Hulle moet net droë mieliepap kry, hulle is misdadigers geen HOTEL NIE. GIN WONDER DIE TRONKE IS SO VOL NIE. Straf hulle soos ‘n misdadiger gestraf moet word dan sal minder misdade gepleeg word