Luister nou

Gevangenes steeds ontevrede oor minder vleis

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste sê daar is seker gemaak dat die nuwe 12-dae-siklusmaaltydplan vir gevangenes aan gesondheidstandaarde voldoen.

Die komitee het gereageer nadat talle gevangenes steeds kla dat die nuwe eetplan nie voldoende is nie.

Volgens die voorsitter van dié komitee, Kgomotso Ramoboleng, is daar besluit om boontjies as bron van proteïen in die dieet te voeg en vleisporsies te verminder.

‘n Derde van die vorige dieet het uit hoender bestaan, ‘n derde uit beesvleis en ‘n derde uit vis. Die gevangenes sal nou twee dae beesvleis kry, twee dae hoender en die agt ander dae bone en ander proteïene.

Ramoboleng sê dié stap het geen uitwerking op voedingswaarde nie. Gevangenes meen egter steeds dat die kos nie goed gaargemaak word nie.

3 Responses

  1. Dis n tronk, nie n hotel nie!! Brood en water is wat ek hulle sou gee. Hulle is daar oor hulle gestraf moet word, nie met vakansie nie!

  2. Hulle moet net droë mieliepap kry, hulle is misdadigers geen HOTEL NIE. GIN WONDER DIE TRONKE IS SO VOL NIE.

  3. Hulle moet net droë mieliepap kry, hulle is misdadigers geen HOTEL NIE. GIN WONDER DIE TRONKE IS SO VOL NIE. Straf hulle soos ‘n misdadiger gestraf moet word dan sal minder misdade gepleeg word

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou