Luister nou

Geliefde akteur sterf aan hartversaking

Deur Pretoria FM Nuusspan

Meegevoel stroom steeds vanuit verskeie oorde in ná die dood van die bekroonde Suid-Afikaanse akteur, Jonathan Pienaar.

Hy is gister in die ouderdom van 63-jaar in Johannesburg oorlede, nadat hy aan hartversaking gely het.

Sy voormalige vrou, Rosana Maya, het die nuus op sosiale media bevestig.

Sy het op haar Facebookbladsy geskryf: “My pragtigste man, unieke siel… Soos jou wolwe het jy soveel gegee in ruil vir so min. Die wêreld is ’n armer plek sonder jou daarin. My hartseer is te diep. Vlieg saam met die engele, my lief.”

Pienaar het ‘n roemryke loopbaan van meer as drie dekades gehad en was ‘n bekende in huishoudings weens sy rolle in sommige van die land se mees ikoniese produksies, soos Blood Diamond in 2006, Cape Town in 2015 en The Gospel According to Matthew in 1993.

Hy het ook rolle in verskeie TV-reekse, waaronder Triptiek, Vloeksteen, Pandjieswinkelstories, Binnelanders en Legacy, vertolk

Pienaar se gedenkdiens en begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Gewilde Nuus

Padlangs

Wees lig!

Internasionale Perspektief nuut

VSA kry oorhand oor Iran

Untitled design (31)

Ek staan hier sonder hare of borste

Untitled design (30)

Duisende moet nog toelaagkaarte omruil

Ernst Roets

Sokkerballe of kruise?

Ander Nuus Artikels

Stefan2
Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog
Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo
Konstitusionele hof wys aansoek van die hand
Fotokrediet: Netwerk24
Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op
Padlangs
Wees lig!
Internasionale Perspektief nuut
VSA kry oorhand oor Iran

Luister nou