Luister nou

Geliefde akteur sterf aan hartversaking

Deur Pretoria FM Nuusspan

Meegevoel stroom steeds vanuit verskeie oorde in ná die dood van die bekroonde Suid-Afikaanse akteur, Jonathan Pienaar.

Hy is gister in die ouderdom van 63-jaar in Johannesburg oorlede, nadat hy aan hartversaking gely het.

Sy voormalige vrou, Rosana Maya, het die nuus op sosiale media bevestig.

Sy het op haar Facebookbladsy geskryf: “My pragtigste man, unieke siel… Soos jou wolwe het jy soveel gegee in ruil vir so min. Die wêreld is ’n armer plek sonder jou daarin. My hartseer is te diep. Vlieg saam met die engele, my lief.”

Pienaar het ‘n roemryke loopbaan van meer as drie dekades gehad en was ‘n bekende in huishoudings weens sy rolle in sommige van die land se mees ikoniese produksies, soos Blood Diamond in 2006, Cape Town in 2015 en The Gospel According to Matthew in 1993.

Hy het ook rolle in verskeie TV-reekse, waaronder Triptiek, Vloeksteen, Pandjieswinkelstories, Binnelanders en Legacy, vertolk

Pienaar se gedenkdiens en begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou