Die Forum vir Suid-Afrika, Fosa, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om dringend op die versterking van Suid-Afrika se verdedigingsvermoëns te fokus.
Dit is te midde van toenemende internasionale spanning, veral die konflik tussen die VSA, Israel en Iran.
Fosa sê die land kan nie gemaklik bly nie en dring aan op hersiening van leierskap binne die verdediging, insluitend die pos van minister van verdediging, Angie Motshekga, asook ’n ernstige hersiening van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se begroting.
Die forum meen dat nasionale veiligheid die hoogste prioriteit moet wees om die veiligheid van Suid-Afrikaners te beskerm.