Luister nou

Fonds waarsku mense om nié voor voertuie in te beweeg nie; eise sal nié uitbetaal word nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

10 Desember 2024

Die Padongelukkefonds (POF) waarsku mense om nie hulself voor bewegende voertuie in te gooi nie.

Die POF sê daar is ‘n groeiende tendens van mense wat doelbewus voor bewegende voertuie inbeweeg, in ‘n poging om van die fonds te eis. Volgens ‘n verklaring wag mense vir motors om stadiger te ry, sodat hulle nie doodgery word nie.

Die POF sê die optrede is gevaarlik, en plaas onnodige druk op die assessors wat sulke eise moet nagaan.

Die fonds voeg by dat hy nie eise uitbetaal aan iemand wat met opset homself beseer nie, selfs al is die beserings ernstig van aard. Indien die betrokke persoon oorlede is, kan sy/ haar naasbestaandes ook nie eis nie.

Volgens die POF is 49 631 eise in die 2021/2022- en 2023/2024-boekjaar van die hand gewys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

Luister nou