Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Europa se moeilikheid neem toe en Trump gaan dit bloot beklemtoon

Nuuskommentaar: 25 November 2024

Deur: Jaco Kleynhans

Die besluit van Duitsland se kanselier Olaf Scholz twee weke gelede om die Russiese president Wladimir Poetin te kontak, het regoor Europa die oë laat rek. Tot onlangs was dit vir enige Europese leier onaanvaarbaar om met Poetin te praat. Scholz se koalisieregering het egter onlangs tot ’n val gekom en daar word algemeen verwag dat hy ’n vroeë verkiesing in Februarie volgende jaar gaan verloor.

Scholtz probeer nou die kastaiings uit die vuur haal. Duitsland se ekonomie is in ’n langdurige resessie en regoor Duitsland en Europa raak die ekonomiese gevolge, maar ook veiligheidsrisiko’s van ’n verdiepende oorlog in Oekraïne vir gewone mense een te veel.

Verlede week was die sekretaris-generaal van Navo, en voormalige Nederlandse premier, Mark Rutte, op besoek aan Donald Trump by sy woning in Florida in die VSA. Rutte en Trump moes tussen 2017 en 2021 gereeld oor transatlantiese kwessies saamwerk. Tydens Trump se eerste termyn was hy uitgesproke oor die onregverdigheid van Amerika se buitensporige bydrae tot Navo terwyl die meeste Europese lande op daardie tydstip nog minder as die voorgeskrewe 2% van die bruto binnelandse produk tot Navo bygedra het.

Trump se waarskuwing tydens sy eerste termyn aan leiers soos Angela Merkel, toe Duitse kanselier, en die voormalige sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, dat Amerika, sewe dekades na die einde van die Tweede Wêreldoorlog nie kan aanhou om vir Europa se veiligheid te sorg nie, is daardie tyd deur baie Europese leiers uitgelag. Kort na Trump se vertrek uit die Withuis het Rusland egter Oekraïne aangeval en die prentjie het drasties verander.

Die afgelope vier jaar het politieke leiers en die media in Europa voortgegaan om Trump bespotlik te maak. Nou vlieg hulle skielik na Florida om met hom te ontmoet. Vrae word regoor Europa gevra oor hoe die toekoms van Europa gaan lyk.

In die VSA word ’n ekonomiese bloeitydperk verwag. ’n Meer selfgeldende buitelandse beleid sal vroeg volgende jaar geïmplementeer word. Trump het tydens sy verkiesingsveldtog belowe om ’n einde aan die oorloë in Oekraïne en die Midde-Ooste te bring en om Afrika se buitelandse beleid in die algemeen weer in diens van die gewone Amerikaner te stel. Dit sal meer invoertariewe, ’n herbedink van Amerika se verhouding met baie lande in die wêreld en meer onderhandelings oor alles van handel, politieke en militêre samewerking – of soos die media verkies om na dit verwys “transaksionele buitelandse beleid” – insluit.

Europeërs het lankal geweet dat hulle nie vir altyd van die VSA vir hulle veiligheid afhanklik sal kan wees nie. Tog het regerings regoor Europa vir dekades voortgegaan om hulle weermagte te verklein en te verwaarloos sodat geld op maatskaplike en ander projekte spandeer kon word. Om Trump vir die huidige pyn in Europa te blameer sal onbillik wees.

Die oorlog in Oekraïne moet in 2025 tot ’n einde kom. Die militêre, politieke en ekonomiese koste raak eenvoudig te hoog. Europa sal in 2025, net soos talle ander lande insluitende China en selfs Suid-Afrika, deur Trump en sy regering gekonfronteer word met die vraag oor watter voordeel daar vir Amerika in enige verhouding met die VSA is. Goeie onderhandelaars, leiers wat toegewings kan en wil maak en met Trump wil saamwerk om ’n algemene herskikking in verhoudinge te bewerkstellig sal slaag. Dit geld vir Europa, maar ook vir die meeste ander lande. Die kommentators wat op die kantlyn sal bly staan en raas sal egter hard getref word deur die nuwe Trump-adminitrasie se Amerika-eerste-beleid. Die waarskuwing is uitgereik. Of hulle sal hoor en korrek reageer sal ons nog moet sien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

640px-03-BICcristal2008-03-26

Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk

108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006

Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard

WSU_Mthatha

Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet

Screenshot 2025-04-15 122837

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

SONKRAG

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-16 104919
Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen
Outlet of 'Delivery Tunnel North' of the Lesotho Highlands Water Project, near Clarens, Free State, South Africa. The Lesotho Highlands Water Project is an ongoing water supply project with a hydropower component, developed in partnership between the governments of Lesotho and South Africa. It comprises a system of several large dams and tunnels throughout Lesotho and South Africa. In Lesotho, it involves the rivers Malibamatso, Matsoku, Senqunyane and Senqu. In South Africa, it involves the Vaal River. It is Africa's largest water transfer scheme. The purpose of the project is to provide Lesotho with a source of income in exchange for the provision of water to the central Gauteng province where the majority of industrial and mining activity occurs in South Africa, as well as to generate hydroelectric power for Lesotho (currently almost 100% of Lesotho's requirements).
Lesotho-hooglandwaterprojek kos R11-miljard méér
0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy
John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie
640px-03-BICcristal2008-03-26
Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk
108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006
Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende