6 Februrarie
Die dodetal van die aardbewing wat vanoggend Turkye getref het, het na meer as 1700 gestyg.
Duisende ander is beseer en talle mense is nog onder die puin van geboue vasgekeer nadat ‘n aardbewing met ‘n seismiese meting van 7,8 op die Richterskaal in die suidooste van die land op die grens met Sirië voorgekom het.
Ure later, het ‘n aardbewing met ‘n sesismiese meting van 7,5 op die Richterskaal, vier kilometer van vanoggend se aardbewing plaasgevind.
‘n Vlak-4-ramptoestand is intussen in die land afgekondig wat behels dat buitelandse hulp ingeroep word.
Al Jazeera berig dat die Europese Unie reeds tien nood- en reddingspanne van onder meer Bulgarye, Kroasië, Frankryk, Griekeland, Nederland, en Roemenië na Turkye ontplooi het vir addisionele bystand.