Luister nou

Die DA eis dat Lamola Iran by die VN verkla

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die DA eis dat die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, Iran by die Verenigde Nasies se Menseregte Raad aangee, nadat meer as 2-duisend mense tydens grootskaalse betogings teen die regering dood is.

Die party sê Iran moet aangegee word weens sy onbeskaamde oortreding van mense regte in sy pogings om die oproer in die kiem te smoor.

Die party is ontevrede nadat die ANC gevra het vir optrede teen die VSA oor sy onlangse inval in Venezuela, maar nie dieselfde gereageer het tydens Rusland se inval in Oekraïne nie.

Die teenwoordigheid van Iran se oorlogskepe in Suid-Afrikaanse waters vir ‘n weermagoefening het intussen internasionale aandag getrek en die VSA president Donald Trump het gedreig om handelstariewe van lande wat met Iran sake doen, te verhoog.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou