Die Gautengse Departement van Onderwys sê aanlyn-aansoeke vir graad 1 en graad 8 vir die 2027-skooljaar open op 5 Augustus en sluit ‘n maand later.
Ouers van graad R-leerlinge moet hul kinders aanlyn vir graad 1 inskryf, terwyl aansoeke vir graad 2 tot 7 en graad 9 tot 12 steeds direk by skole ingedien moet word.
Die LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê die aanlynstelsel help die departement om beter te beplan vir onderwysers, klaskamers, leerlingvervoer, voedingskemas en infrastruktuur.
Gauteng het meer as 2,4 miljoen leerlinge in 2 111 openbare skole.