Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n tweede verdagte in hegtenis geneem in verband met gister se aanval op drie parlementslede van die DA in Philippi op die Kaapse Vlakte.
‘n Sestienjarige is vanoggend in Browns Farm in hegtenis geneem nadat ‘n tweede verdagte – ‘n 18-jarige – gisteraand vasgetrek is. Die 18-jarige is in die Lentegeur-hospitaal in Mitchell Plain onder polisiebewaking waar hy vir ’n skietwond behandeling ontvang.
Dít volg op ‘n beweerde poging om die LP’s, Ian Cameron, Lisa Shickerling en Nicholas Gotsell te kaap terwyl hulle teruggekeer het van ‘n oorsigbesoek aan die polisie se opleidingskollege.
Cameron moes steke aan sy mond kry en sy tande is beskadig, Schicklerling is met ‘n baksteen teen die agterkop geslaan en Gotsell het ’n snywond aan sy kop opgedoen.
Die polisiewoordvoerder, Novela Potelwa sê die twee verdagtes staan tereg op aanklagte van poging tot moord en poging tot kaping.
Die derde verdagte is nog voortvlugtend.
2 Responses
Ek gaan niks sê nie. Behalwe dat ek lakker lag agter my hand.
Ek gaan niks sê nie. Behalwe dat ek lekker lag agter my hand.