Die vakbondfederasie, Cosatu, vra die regering om dringend meer te doen om werkers en die ekonomie teen skerp brandstofprysstygings te beskerm.
Die vakbondfederasie sê die verwagte verhogings van meer as R3 vir petrol, R6 vir diesel en R4 vir paraffien sal die lewenskostekrisis verder vererger.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die huidige brandstofheffingverligting vir Mei en Junie is welkom, maar waarsku dat werkers swaar gaan kry indien dié verligting in Julie beëindig word terwyl internasionale oliepryse hoog bly.
Die vakbond vra ook goedkoper openbare vervoer, beskerming teen stygende voedsel- en elektrisiteitspryse en hulp vir huishoudings wat van paraffien afhanklik is.