Die Comrades-marathonvereniging het sy besluit bekragtig om nie weer by KwaZulu-Natal Atletiek aan te sluit nie.
Meer as ‘n duisend lede het tydens ‘n spesiale algemene vergadering oorweldigend ten gunste van die vereniging se onafhanklike koers gestem.
Die besluit volg op ‘n maande lange geskil oor affiliasie en meer as vier miljoen rand se beweerde wedloopheffings.
Die vereniging sê beplanning vir die eeufeeswedloop op 13 Junie 2027 gaan voort, hoewel die dispuut steeds onsekerheid skep oor die amptelike goedkeuring van die wedloop en die kwalifiseringsproses vir deelnemers.