Die Konstitusionele Hof het vandag beslis dat die uitlewering van Moroadi Cholota, die voormalige persoonlike assistent van die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, uit die Verenigde State na Suid-Afrika onwettig was.
Die appèlaansoek is deur die Nasionale Vervolgingsgesag gebring.
Hoewel dié hof die Bloemfonteinse Hooggeregshof se vroeëre uitspraak steun, het die adjunk-hoofregter Dunstan Mlambo in sy uitspraak teen ’n gevaarlike presedent gewaarsku. Hy voer aan dat prosedurele foute nie mag beteken dat beskuldigdes vervolging vryspring nie.
Cholota word verbind met die asbeskorrupsieskandaal van 255-miljoen-rand, waarin Magashule ook ’n beskuldigde is. Die saak duur voort.
Fotokrediet: Gallo Images / Volksblad / Mlungisi Louw