Rensche en Anton Bougas, ouers van die omstrede KleuterZone-stigter Anthonie Bougas, het aan Netwerk24 gesê dat hulle deur vriende en familie gehelp moes word om te keer dat hulle op straat beland. Hulle het sowat R8 500 bymekaar gekry om huur en elektrisiteit te betaal.
Die egpaar het verder aan die nuusagentskap gesê hulle het alles verloor, insluitend hul huis, motor en meubels. Volgens Rensche oorweeg hulle om binnekort na Suid-Afrika terug te keer, aangesien Anton ernstig siek is en nie mediese dekking het nie.
Die KleuterZone-skema, wat meer as R400 miljoen van sowat 1 200 beleggers ingevorder het, is vroeër vanjaar as ‘n Ponzi-skema gelikwideer. Anthonie Bougas is in April gesekwestreer, en sy ouers se eiendom is tans onder sekwestrasie, aangesien hulle glo saam met hom opgetree het om fondse te verskuil.
Rensche voer aan dat hulle min kontak met Anthonie het en dat hy glo deur sy Thaise kêrel in Bangkok onderhou word.
One Response
Thaise kêrel…..🤮