Luister nou

Bougas-ouerpaar sit bakhand

Deur Pretoria FM Nuusspan

Rensche en Anton Bougas, ouers van die omstrede KleuterZone-stigter Anthonie Bougas, het aan Netwerk24 gesê dat hulle deur vriende en familie gehelp moes word om te keer dat hulle op straat beland. Hulle het sowat R8 500 bymekaar gekry om huur en elektrisiteit te betaal.

Die egpaar het verder aan die nuusagentskap gesê hulle het alles verloor, insluitend hul huis, motor en meubels. Volgens Rensche oorweeg hulle om binnekort na Suid-Afrika terug te keer, aangesien Anton ernstig siek is en nie mediese dekking het nie.

Die KleuterZone-skema, wat meer as R400 miljoen van sowat 1 200 beleggers ingevorder het, is vroeër vanjaar as ‘n Ponzi-skema gelikwideer. Anthonie Bougas is in April gesekwestreer, en sy ouers se eiendom is tans onder sekwestrasie, aangesien hulle glo saam met hom opgetree het om fondse te verskuil.

Rensche voer aan dat hulle min kontak met Anthonie het en dat hy glo deur sy Thaise kêrel in Bangkok onderhou word.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou