Luister nou

Bela: Oud-Model-C-skole eerste geteiken

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy skok uitgespreek nadat die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube en haar departement besluit het om oud-Model-C Afrikaanse skole eerste te teiken om hul taalbeleid te verander.

Die besluit is aangekondig tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee oor basiese onderwys.

AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê die minister het die afgelope tyd groot gewag gemaak van die noodsaak van moedertaalonderrig, “maar dit is nou duidelik dat daar ‘n agenda teen Afrikaanse skole is”.

Dit is ook al byna ’n jaar wat AfriForum en die Solidariteit Beweging vir die beoogde regulasies oor taalbeleid wag.

AfriForum sê die DA moet dit vir eens en altyd duidelik maak waar die party staan wat die Bela-wet betref, aangesien Gwarube ’n DA-minister is.

Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann het in reaksie gesê dat daar nog nooit enige twyfel was dat Bela ’n wapen in die hand van die regering teen Afrikaans is nie.

Hy sê die uitkoms van meertaligheid is in werklikheid bloot ’n pad na eentaligheid.

Dr. Hermann meen as dit waar is dat die minister self die onweerswolke aanwakker verbreek sy ’n getekende ooreenkoms met Solidariteit wat basiese beskerming aan Afrikaanse skole bied en verbreek sy as DA-minister ’n verkiesingsbelofte, aangesien Bela vir die DA ’n rooi lyn was.

“Die wet is egter deur die president, onder die wakende oog van die minister, gepromulgeer. As ook sý Bela nou as ’n wapen teen Afrikaanse skole gebruik, sal dit skreiend wees. Ons verwag van die minister om haar standpunt openlik en duidelik te stel,” het Hermann gesê.

 

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou