Luister nou

Art. 89-komitee hof toe oor Phala Phala-interdik

Deur Walter Ernst

Die parlement se Artikel 89-ontheffingskomitee wend hom tot die Konstitusionele Hof om teen die hooggeregshof in Kaapstad se uitspraak te appelleer waarin president Cyril Ramaphosa aangedring het om dié komitee se werk tydelik te staak.

Die komitee se voorsitter Makashule Gana, sê ten spyte van verdeeldheid onder die lede, sal hul met hul werksaamhede voortgaan.

“Die besluit van die komitee is dat die uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad geappelleer moet word; dit is ’n verdeelde beslissing, maar dit is nietemin ’n beslissing, en ons sal namens die komitee met daardie appèl voortgaan,” sê Gana.

Die hooggeregshof se uitspraak verhoed die komitee om voort te gaan met openbare verhore, hangende die uitslag van Ramaphosa se hersieningsaansoek.

Die komitee voer aan dat die laerhof die verkeerde regsbeginsels toegepas het deur nie die kanse op sukses van Ramaphosa se hersieningsaansoek te weeg nie.

Die paneel het in November 2022 bevind dat daar ’n prima facie saak teen die president is waarop hy moet antwoord oor die diefstal van $580 000 Amerikaanse dollar in ’n rusbank op sy plaas in Limpopo in Februarie 2020.

Die komitee gaan voort met sy werk, waaronder die hantering van uitstaande prosedurele sake soos die benoeming van bewysleiers en die bepalings van sy verwysingsraamwerk.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou