Luister nou

Uitspraak in Phala Phala-saak voorbehou

Deur Walter Ernst

Die Hooggeregshof in Kaapstad sal aan die einde van volgende week sy beslissing bekendmaak oor president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlementêre ontheffingskomitee se werk te staak.

Die aansoek om die parlementêre proses op te skort, hangende ’n hersiening van die artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid, het gister begin.

Die paneel het in November 2022 bevind dat daar ’n prima facie saak teen die president is waarop hy moet antwoord oor die diefstal van $580 000 Amerikaanse dollar in ’n rusbank op sy plaas in Limpopo in Februarie 2020.

Die ontheffingskomitee is aangestel ná ’n beslissing deur die Konstitusionele Hof in Mei vanjaar dat die Nasionale Vergadering irrasioneel opgetree het toe hy teen die implementering van die verslag gestem het.

Opposisiepartye het die aansoek as ’n vertragingstaktiek bestempel en sê dat hy aanspreeklikheid wil vermy.

Ramaphosa se regspan het egter aangevoer dat dit onregverdig sou wees om die ontheffingsproses toe te laat om voort te gaan voordat die hersieningsaansoek aangehoor is.

Die voorsitter van die ontheffingskomitee, Makashule Gana, sê dat die komitee se werk, insluitend die aanstelling van ’n bewysleier én die voorbereiding van getuies, onverpoosd sal voortduur.

Ramaphosa se aansoek om die paneelverslag te hersien sal ván 2 tót 4 September aangehoor word.

 

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou