8 September 2021
Nadat die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings verlede jaar weens die Covid-19-pandemie uitgestel moes word, word dit vanjaar weer deur Pretoria FM aangebied.
Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.
Die tweede kategorie in vanjaar se toekennings is die Geestelike Liedjie van die Jaar.
Die finaliste in dié kategorie is:
- Riana Nel met “Die Seën” (Kode: GL01)
- Len Muller en Stella met “Toevlug” (Kode: GL02)
- MD Greyling met “Boer se geloof” (Kode: GL03)
- Dewald Gouws (saam met Jannie Moolman) met “Hou aan met glo” (Kode: GL04)
- Riana Nel met “Hou die hemel oop” (Kode: GL05)
- Willie en Natasha Joubert met “Ons Koning kom” (Kode: GL06)
Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50). Die lyne open op 8 September 2021 om 20:30 en sluit op 15 September om 19:00.
Besoek vir die volgende 12 weke, elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elke kategorie en wié die finaliste is.
Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.
Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (15 September) dop om uit te vind wie die finaliste in die kategorie “Instrumentale Liedjie van die Jaar” is.
Vir meer besonderhede, kontak:
Riaana Nell
E-pos: [email protected]
Stem vir die Aitsa’s