Luister nou

Agterstand met asielsoekers verminder

Deur Walter Ernst

Die Departement van Binnelandse Sake het die grootste vermindering in jare bewerkstellig wat betref die agterstand met appèlle van vlugtelinge in Suid-Afrika.

Die Vlugtelingappèlowerheid van Suid-Afrika (Raasa) se werklas van aktiewe appèlle het ván die einde van 2024 tót die einde van 2025 met 8 800 afgeneem.

 Byna 9 000 sake is weens afgehandelde verhore van die lys verwyder.

Raasa het 40 bykomende advokate aangestel en daaglikse verhore vermeerder. Meer kapasiteit word ook in samewerking met die Kaapse Balie na die Wes-Kaap ontplooi.

Die minister van Binnelandse Sake, dr. Leon Schreiber, sê hierdie doeltreffendheid herstel die integriteit van die asielstelsel en verseker dat wettige eise flinker opgelos word.

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: News 24

Julius Mkhwanazi word weer in hegtenis geneem

Fotokrediet: Small Wars Journal

Die konflik in die Midde-Ooste neem toe

Navo

Navo-leiers herbevestig verdedigingsverdrag

Nathi Mthethwa HD

Ondersoek na Nathi Mthethwa se dood gesluit

Fotokrediet: Maroela Media

Suid-Afrika stuur afvaardiging na Washington oor invoertariewe

Ander Nuus Artikels

Madlanga-kommissie-logo
Ramaphosa verleng Madlanga-kommissie
Bonnie Tyler
It’s a heartache: Bonnie Tyler se stem stil
Fotokrediet: News 24
Julius Mkhwanazi word weer in hegtenis geneem
Fotokrediet: Small Wars Journal
Die konflik in die Midde-Ooste neem toe
Navo
Navo-leiers herbevestig verdedigingsverdrag

Luister nou