AfriForum sê hy het die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, aangevat oor vertragings in die verwerking van vuurwapenlisensie-aansoeke.
Dit kom nadat lede van die publiek by die burgerregteorganisasie gekla het oor maande-lange vertragings wat by die by die sentrale vuurwapenregister ondervind word.
‘n Woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid by AfriForum, Jacques Broodryk sê die jongste gebeure is ondanks die vroeëre versekering van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie dat die vertragings by die register uit die weg geruim word.
Broodryk sê dit wil voorkom dat daar weer ’n aansienlike agterstand ontwikkel het en dat dit tot groot onsekerheid en frustrasie lei.
“Dit is onaanvaarbaar dat wetsgehoorsame burgers kwesbaar gelaat word weens burokratiese ondoeltreffendheid. AfriForum is deur talle mense genader wat maande wag sonder enige terugvoer oor hul aansoeke,” sê Broodryk.
2 Responses
Die Staatsdiens IS n’ agterstand.
Myne na 3 jaar gekry