Suid-Afrika se stryd teen vuurwapengeweld is in die kollig nadat meer as 3,400 polisievuurwapens die afgelope vyf jaar verdwyn het.
Slegs 559 polisievuurwapens is teruggevind, wat hernude oproepe vir opsporingstoestelle op amptelike én burgerlike wapens aanvuur.
Die uitvoerende hoof van Gun Free South Africa, dr. Stanley Maphosa sê dat tegnologiese innovasie noodsaaklik is om diefstal en korrupsie te bekamp, mits dit eers onafhanklik getoets word. Hy sê verder dat strenger wetgewing en deursigtigheid vir die staat én private sektor nodig is.
Hoewel tegnologie ’n deurslaggewende rol kan speel, verg ’n veiliger samelewing ook strenger dissipline en deurlopende toesig oor alle vuurwapeneienaars.