17 Desember 2024
’n Skietery by ’n private Christelike skool in die noorde van die VSA het twee slagoffers geëeis, terwyl die skieter glo ook haar eie lewe geneem het.
‘n Leerling en onderwyser aan die Abundant Life Christian School in Madison, Wisconsin is dood terwyl die polisie die verdagte as die 15-jarige leerling, Natalie Rupnow, geïdentifiseer het.
Vyf mense is ook gewond tydens dié skietery – wat Maandag (16 Desember) plaasgevind het. Die polisiehoof van Madison, Shon Barnes het aan media gesê dat ‘n graad 2-leerling, die 911-noodnommer geskakel het om polisie te ontbied.
Die motief vir die skietvoorval is nog onbekend.
Daar was tot dusver 322 skoolskietvoorvalle vanjaar in die VSA – die tweede meeste in een kalenderjaar sedert 1966. Dit word net oortref deur verlede jaar se 349 skietvoorvalle.