Luister nou

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola sê die meer as 12 000 vuurwapens wat Woensdag vernietig is, word nie verbind met sake waarvan die KwaZulu-Natalse kommissaris, luietenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi melding gemaak het nie.

Mkhwanazi het Sondag ‘n opskudding veroorsaak toe hy tydens ‘n mediakonferensie lede van die parlement met misdaadsindikate verbind het.

LEES OOK: Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Masemola het tydens die geleentheid waar die vuurwapens vernietig is gesê dat die vuurwapens waarvan Mkhwanazi gepraat het nog nie vernietig kan word nie aangesien die betrokke sake nog nie afgehandel is nie.

Hy het beklemtoon dat die polise net vuurwapens vernietig van sake wat reeds afgehandel is.

Masemola het ook tydens ‘n mediakonferensie gesê dat hy nié dissiplinêre stappe teen Mkhwanazi gaan doen nie. Hy sê bykomende veiligheid is vir Mkhwanazi gereël nadat daar verskeie doodsdreigemente teen hom gemaak is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou