Luister nou

Solidariteit en regering bereik ooreenkoms oor raswet

Deur Pretoria FM Nuusspan

28 Junie 2023

`n Ooreenkoms is vandag tussen Solidariteit en die Suid-Afrikaanse regering bereik wat bepaal dat niemand as gevolg van rasprogramme van maatskappye op enige wyse afgedank mag word nie, dat ras nie as enigste maatstaf gebruik word nie en dat vaardighede ook in ag geneem moet word.

Verder dat regstellende aksie slegs tydelik mag wees.

Dit is die uitkoms van ʼn nege maande lange bemiddelingsproses tussen Solidariteit en die Suid-Afrikaanse regering onder toesig van die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie.

Die uitkoms van die proses is in die vorm van ʼn ooreenkoms wat tussen Solidariteit en die regering vasgemaak is en wat deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en minister Thulas Nxesi, die minister van arbeid en indiensneming, onderteken is.

Die bemiddelingsproses het begin ná ʼn klag wat Solidariteit by die IAO teen die regering gelê het oor die rigiede toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika.

Die ooreenkoms gaan nou as deel van die 2023-diensbillikheidsregulasies in die Staatskoerant gepubliseer word en die partye het ooreengekom dat dit ʼn hofbevel gemaak kan word. Maatskappye sal dus verplig wees om dit te implementeer.

Die ooreenkoms bepaal ook verder dat daar geen absolute plafonne vir indiensneming of bevordering vir enige groep mag wees nie, en die inherente vereistes van ʼn pos kan in ag geneem word vir aanstelling en bevordering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

March and March-leier Jacinta Ngobese-Zuma

Beplan jou rit op D-dag só

Fotokrediet: Central News South Africa

LUR vir onderwys in Gauteng gaan optree teen bedrieërs

Fotokrediet: News24

Die aanslag op Feroz Khan se lewe word ondersoek

Foto vir repliek

Die fluistering wat vrede basuin

Boer tot bord

Ekonomiese groei, arbeid en die prys van beleid

Ander Nuus Artikels

Zuma-Indië
Antwoorde geëis ná Zuma, Gupta-broer se Indië-besoek
Werkloosheid
Nielandbousektor bloei werksgeleenthede
Fotokrediet: Maroela Media
Betogings vandag landswyd verwag
March and March-leier Jacinta Ngobese-Zuma
Beplan jou rit op D-dag só
Fotokrediet: Central News South Africa
LUR vir onderwys in Gauteng gaan optree teen bedrieërs

Luister nou