Luister nou

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings – Die finaliste in die Geestelike Liedjie van die Jaar is…

Deur Pretoria FM Nuusspan

8 September 2021

Nadat die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings verlede jaar weens die Covid-19-pandemie uitgestel moes word, word dit vanjaar weer deur Pretoria FM aangebied.

Die wenners in elke kategorie word op 1 Desember 2021 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak.

Die tweede kategorie in vanjaar se toekennings is die Geestelike Liedjie van die Jaar.

Die finaliste in dié kategorie is:

  • Riana Nel met “Die Seën” (Kode: GL01)
  • Len Muller en Stella met “Toevlug” (Kode: GL02)
  • MD Greyling met “Boer se geloof” (Kode: GL03)
  • Dewald Gouws (saam met Jannie Moolman) met “Hou aan met glo” (Kode: GL04)
  • Riana Nel met “Hou die hemel oop” (Kode: GL05)
  • Willie en Natasha Joubert met “Ons Koning kom” (Kode: GL06)

Jy kan vir jou gunsteling stem deur die unieke kode van die liedjie te SMS na 45692 (SMS kos R1,50). Die lyne open op 8 September 2021 om 20:30 en sluit op 15 September om 19:00.

Besoek vir die volgende 12 weke, elke Woensdagaand Pretoria FM se Facebook-blad vir die bekendmaking van elke kategorie en wié die finaliste is.

Vir die wat die weeklikse bekendmaking misgeloop het, sal elke kategorie se program vir ‘n week lank op Pretoria FM se webwerf www.pretoriafm.co.za  beskikbaar wees, om weer na die video te kyk.

Hou Pretoria FM se Facebook-blad volgende Woensdag (15 September) dop om uit te vind wie die finaliste in die kategorie “Instrumentale Liedjie van die Jaar” is.

Vir meer besonderhede, kontak:

Riaana Nell

E-pos: [email protected]

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube by podium

Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube

Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye

Trump wil nog name verander

Orania

Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania

Amazon

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys

Boer is nie vir sissies nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Maroela Media
Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou
Fotokrediet: Michalsons
AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan
POF-logo
POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.
Siviwe Gwarube by podium
Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube
Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye
Trump wil nog name verander

Luister nou