Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) sê dat hy gereed is vir die komende Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen wat aanstaande Dinsdag afskop.
’n Totaal van 1,08 miljoen kandidate sal vanjaar die eksamens by meer as 9 000 sentrums landswyd aflê.
Die uitvoerende hoof van Umalusi, dr. Mafu S. Rakometsi, het egter onthul dat die departement van onderwys ’n tekort aan merkers vir Afrikaans huistaal, Engels huistaal en geskiedenis het.
Die departement sal volgens Rakometsi vroeër begin om dié betrokke vakke se antwoordstelle te merk.