Suid-Afrikaners se finansiële vertroue het volgens die 2026 Sanlam Finansiële Vertroue Indeks grootliks stabiel gebly, ondanks druk van ‘n hoë werkloosheidsyfer en stygende brandstof-, elektrisiteits- en leenkoste.
Die algehele indeks het op 54 gebly, terwyl finansiële welstand van 32 tot 35 verbeter het.
Dit is die hoogste vlak in vier jaar, hoewel dit steeds laag is.
Die navorsing wys mense voel meer in beheer van hul finansies, maar bly onder druk.
Toegang tot krediet was die laagste prioriteit, en dié wat krediet gebruik, sien dit meestal as ’n veiligheidsnet vir noodgevalle eerder as ’n manier om ’n leefstyl te finansier.