Luister nou

VF Plus: Naamsveranderinge in Oos-Kaap is onnodig, verdelend en polities gemotiveerd

Deur Redaksie

Die VF Plus sê hulle is sterk gekant teen die voorgestelde naamsveranderinge van dorpe en geografiese plekke in die Oos-Kaap. Die party se leier in die Oos-Kaap, Piet Mey, sê die jongste dokument van die Oos-Kaapse Geografiese Naamkomitee bevestig dat die komitee voortgaan met ’n proses om onder meer Lady Grey na Inkosi Makhobeni, Sterkspruit na Inkosi Mpangazi, Herschel na Inkosi Lihlongo en Sterkspruit  na Mapetla Mohapi te verander.

Volgens Mey verwerp die VF Plus enige onnodige, duur en polities gedrewe naamsveranderinge wat gemeenskappe verdeel, belastingbetalers se geld mors en bestaande geskiedenis en identiteit probeer uitwis.

“Staatskapasiteit en openbare fondse moet eerder aangewend word om dringende diensleweringsprobleme, infrastruktuur, werkloosheid en armoede op te los.”

Mey sê ’n pleknaam is meer as net ’n bord langs die pad.

“Dit is deel van ’n gemeenskap se geskiedenis, erfenis en identiteit. Waar daar sterk plaaslike teenkanting bestaan, kan ’n regering nie bloot voortgaan asof daardie inwoners se stemme van geen betekenis is nie.”

Volgens Mey wek die tydsberekening en hantering van hierdie prosesse ernstige kommer.

“Pogings om bestaande dorpsname kort voor ’n verkiesing te verander, skep die indruk dat politieke belange en stemwerwing ’n groter rol speel as dienslewering. Inwoners word telkens versoek om openbare prosesse by te woon en insette te lewer, maar wanneer gemeenskappe hulle teen verandering uitspreek, voel hulle dat daar nie werklik na hulle geluister word nie. Dit is onaanvaarbaar.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-79-14-Aug-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Matriekeksamen - Netwerk 24

Matriekleerlinge begin vandag met NSS-eksamen

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval
Airlink-verbyvlug
BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af
Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys
Fotokrediet: Zoutnet
Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Luister nou