Luister nou

Marilyn Monroe se rokkie waai steeds

Deur Walter Ernst

Die legendariese en wulpse blondekopaktrise – Marilyn Monroe – sou vandag 100 jaar oud geword het.

Monroe – onder meer bekend vir haar wit rokkie wat deur die moltrein in die 1955-rolprent – The Seven Year Itch – se wind opgewaai word – is behoorlik deur die rolprentwêreld herdenk.

Duisende aanhangers het by die historiese Chinese Teater in Hollywood-boulevard bymekaargekom vir ’n spesiale huldeblyk.

Die Academy Museum of Motion Pictures in Los Angeles het intussen ’n eksklusiewe uitstalling oor haar lewe geopen wat tot vroeg aanstaande jaar duur.

Dit sluit haar ikoniese rok in.

Later vandeesweek word sowat 200 van haar persoonlike besittings opgeveil.

Monroe, wat in 1962 in die ouderdom van 36 jaar oorlede is, word onthou as ’n wêreldster wat nie net die silwerdoek oorheers het nie, maar ook dapper teen ongeregtigheid in die bedryf opgestaan het.

 

Gewilde Nuus

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Luister nou