President Cyril Ramaphosa het Donderdag die skorsing van die kommissaris van polisie, generaal Fannie Masemola, tydens ’n mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria aangekondig.
Ramaphosa het luitenant-generaal Puleng Dimpane as die nuwe waarnemende nasionale polisiekommissaris aangestel. Dimpane is in 2018 as finansiële hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangestel. Sy het in 2007 by die polisiediens as ’n senior superintendent (kolonel) en provinsiale bevelvoerder, aangesluit.
Hy het gesê dit ’n groot bron van kommer vir Suid-Afrikaners is dat Masemola in die hof is, maar dat dit nie die moraal in die stryd teen korrupsie moet ondermyn nie.
Ramaphosa sê dat Suid-Afrikaners rede het om bekommerd oor die doeltreffendheid en stabiliteit van die polisie te wees. Hy sê dat verskeie mense gevra het of dit nodig was om die Madlanga-kommissie te hê, en dat sommige aangedui het die Zondo-kommissie nutteloos was.