Die Kredietvereniging van Suid-Afrika (CASA) waarsku dat al hoe meer mense wat skuld maak hul tot onwettige leners wend weens strenger formele kredietreëls.
Volgens die uitvoerende hoof van CASA, Leonie van Pletzen, dwing knellende ekonomiese toestande mense om skuld te maak vir basiese behoeftes soos kos en vervoer.
Nuwe data toon dat 40% van kredietgebruikers reeds agterstallig is, terwyl formele lenings aansoeke al hoe meer afgekeur word. Van Pletzen maan dat oormatige regulering wettige krediet onbereikbaar maak, wat kwesbare mense aan uitbuiting en hoë rente deur informele leners blootstel.
CASA doen ’n dringende beroep op owerhede om regulasies te hersien en onwettige praktyke hok te slaan om verbruikers beter te beskerm.