Die stryd om die topposisie in die DA verskerp, met twee senior leiers wat na verwagting vandag hul voorneme bekend sal maak.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sal vandag ’n mediakonferensie in Elsiesrivier hou om ’n belangrike aankondiging oor die DA se federale leierskap te maak.
Die Gauteng-leier van die DA, Solly Msimanga, sal ook na verwagting vandag sy voorneme vir dieselfde pos bekendmaak.
Dit volg nadat die DA se federale leier, John Steenhuisen, onlangs aangedui het dat hy nie weer vir die pos beskikbaar is nie.
Nominasies vir die leierskap van die DA begin môre, wat die begin van ’n intensiewe stryd aandui.