Elf van die 17 mans wat maande gelede onder valse voorwendsels na Rusland gelok is en uiteindelik in die oorlog met Oekraïne moes veg, het gister in Suid-Afrika aangekom.
Hulle het na Rusland gegaan om as lyfwagte opgelei te word.
Een van die mans het in ‘n rolstoel by die Koning Shaka Internasionale Lughawe in Durban aangekom, nadat hy in ‘n hommeltuig aanval beseer is.
Nog ‘n man is tydens ‘n aanval beseer en het sy bene verloor. Hy is egter steeds in ‘n hospitaal in Rusland.
Die mans was in die Donbas streek van Oekraïne ontplooi.