Die VryheidsFront-Plus sê die Gauteng premier, Panyaza Lesufi, het weer groot beloftes gemaak betreffende beleggings van miljarde rand wat in Gauteng gemaak sal word en tot 250 000 werksgeleenthede sal lei.
Die party sê dit is indrukwekkend en sal tot voordeel van die provinsie wees indien dit ‘n werklikheid word.
Die VF-Plus sê dit is duidelik dat die premier die VF Plus se raad tydens verlede jaar se provinsiale rede, om aggressief meer beleggings na Gauteng te trek, ernstig opgeneem het.
Die party sê die beloofde beleggings is egter nie genoeg vir die nodige groei wat hoër moet wees as die bevolkings groei in Gauteng nie.
Die VF-Plus sê die grootste geleentheid sal hom in 2029 voordoen om die nasionale en provinsiale regering in Gauteng te vervang met ‘n koalisie, wat uit redelike partye bestaan waarvan die VF Plus deel sal vorm.