Luister nou

Kaapstad-organisasie kritiseer president se besluit oor weermag-ontplooiing

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Kaapse Misdaad Krisis Koalisie het president Cyril Ramaphosa se besluit om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Kaapsevlakte te ontplooi, verwerp.

Die organisasie sê die ontplooiing van die SANW in 2019 het geen uitwerking in gebiede soos Mitchells Plain en Nyanga gehad nie.

Ramaphosa het verlede week tydens sy Staatsrede aangekondig dat hy die SANW gaan ontplooi om te help met die stryd teen misdaad op die Kaapse Vlakte en in Gauteng.

Die voorsitter van die organisasie, Llewellyn McMaster, sê die jongste ontplooiing toon dat polisie oorsig gefaal het en dat die regering se maatreëls uitgeput is.

Hy sê die ontplooiing van die SANW steun die sienswyse dat die Kaapse Vlakte ‘n oorlogsone en nie ‘n rampgebied is nie.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou