Die minister van finansies, Enoch Godongwana het ongeveer R1 miljard toegeken om infrastruktuur te herstel weens natuurrampe wat verlede jaar plaasgevind het.
Limpopo ontvang die grootste deel van nagenoeg R407 miljoen, gevolg deur KwaZulu-Natal met R398 miljoen. Mpumalanga en die Noordwes gaan onderskeidelik R90 miljoen en R65 miljoen ontvang. Die fondse wat na verwagting teen Junie vanjaar aangewend moet word, is streng geoormerk vir projekte wat deur die Nasionale Rampbestuursentrum goedgekeur is.
Daarbenewens is R661 miljoen aan ses provinsies toegeken vir noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg, onderwys en padonderhoud. Dié ingryping volg op verlede jaar se ontwrigtende vloede wat groot skade aan klinieke en brûe aangerig het.
Fotokrediet: Jairus Mmutle / GCIS