Die presidensie sê sy besluit om sy soldate uit die Demokratiese Republiek die Kongo onttrek, is weens die behoefte om die hulpbronne van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te konsolideer
Volgens die presidensie, het president Cyril Ramaphosa aangedui dat die besluit tydens ‘n telefoniese gesprek met die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres in Januarie geneem.
Suid-Afrika het sy soldate na die VN se missie in die DRK sedert 1999 ontplooi.
Die land het egter besluit om sy magte te onttrek, maar sê bilaterale-betrekkinge met die DRK sal steeds onderhou word.
Fotokrediet: DRK soldate – The Conversation