Luister nou

Ongerymdhede by Openbare Beleggingskorporasie gevind

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Die nasionale tesourie het ernstige ongerymdhede binne die Openbare Beleggingskorporasie se ongenoteerde portefeulje van R170 miljard bevestig.

Luidens ’n verslag deur die minister van finansies, Enoch Godongwana is bewerings van korrupsie in 27 van 40 ondersoeke gestaaf.

Verskeie individue is reeds as misdadige direkteure verklaar, terwyl talle sake vir strafregtelike vervolging na wetstoepassers verwys is. Hierdie optrede volg ná die Mpati-kommissie se bevindinge oor wanbestuur by entiteite soos Daybreak Foods. Die ondersoek het op die beskerming van staatsamptenare se pensioenfondse gefokus.

Hoewel die eerste fase van die hersiening afgehandel is, oorweeg Godongwana die finale aanbevelings om verdere aanspreeklikheid te verseker.

Fotokrediet: Jairus Mmutle / GCIS

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou