Marelize Maré
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het twee helikopters ontplooi om mense wat in die Limpopo provinsie gestrand is te red.
Erge oorstromings en stygende watervlakke het reeds die lewe van ‘n vyf-jarige kind geëis, nadat hy deur vloedwater meegesleur is.
Soek en reddingspanne van die Suid-Afrikaanse Lugmag het gereageer en helikopters van basisse in Pretoria en Hoedspruit is gestuur om reddingsoperasies in die geraakte gebiede uit te voer.
Verskeie inwoners van die Mbaula informele nedersetting, buite Giyani is van hul huise se dakke en hoogliggende gebiede gered.
‘n Agusta A-109 helikopter is intussen ook ingespan om 18 mense van die oorstroomde Khambaku Lodge buite Phalaborwa te bevry.
Die Weerdiens het intussen ‘n rooivlak 10 weerwaarskuwing vir die dele van die provinsie uitgereik.