Luister nou

Dion George bedank uit die DA

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Die voormalige minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, het amptelik as lid van die DA bedank.

George het gesê dat hy nie langer deel van ’n party kan bly wat deur die aksies van sy leier deur die ANC gekaap is wat die DA volgens hom gesnoer het nie. George is van die standpunt dat die party sy stem en sy vermoë om die land tot voordeel van sy burgers te lei verloor het.

Dít volg nadat die partyleier, John Steenhuisen, hom uit sy amp as minister verwyder het. George het Steenhuisen op sy beurt daarvan beskuldig dat hy die party se kredietkaart misbruik het. ’n Interne ondersoek het Steenhuisen Maandag van alle skuld onthef.

Die DA se federale komitee het intussen ’n ondersoek gelas om te bepaal of die openbare woordewisseling die party se beeld geskaad het.

George is reeds in November as minister deur Willie Aucamp vervang.

Fotokrediet: Gallo Images/Misha Jordaan

Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou