Marelize Maré
Die matrikulante van 2025 se rekordhoë slaagsyfer van 88% het skerp kritiek van verskeie politieke partye ontlok.
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het Maandag die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-uitslae aangekondig en sê van die 921 000 leerlinge wat die eksamen afgelê het, het 345 000 bacalaureus-vrystelling behaal.
Die prestasie is egter gedemp deur ’n daling in die wiskunde-slaagsyfer, wat van 69% in 2024 tot 64% in 2025 afgeneem het.
BOSA beskryf ook intussen die 88% slaagsyfer as misleidend en bereken ’n sogenaamde werklike slaagsyfer van 54,7%.
Dit is baseer op die aantal leerlinge wat skool voltooi het teenoor dié wat begin het.
ActionSA het sy slaagsyfer op 57,7% bereken en dit gebaseer op die aantal leerlinge wat in 2023 met graad 10 begin het.
Fotokrediet: Central News South Africa