Foto: Frans Cronje. (frans-cronje.com)
Die FAK en Dinamika reël ’n Toekomsgesprek wat vir 11 Februarie 2026 in Pretoria beplan word. Ds. Cassie Aucamp sal as die voorsitter van die geleentheid optree. Die bekende toekomskundige Frans Cronjé sal ’n ontleding gee oor die verwagte politieke verwikkelinge plaaslik en internasionaal oor die volgende 10 jaar.
Ander sprekers sluit in Dawie Roodt, wat oor voorsiende ekonomiese gebeure oor die volgende dekade sal praat, en die bekende prokureur Willie Spies, wat ’n voorskou sal gee oor verwagte veranderings op die regsterrein.
Volgens ’n mediaverklaring is die Toekomsgesprek nodig omdat die volgende dekade na verwagting besondere uitdagings aan die Afrikaanssprekende burgery en sakelui van Suid-Afrika gaan stel.
“Dit is daarom dringend noodsaaklik dat toekomsstudies gedoen moet word ten einde beplanning vir daardie tyd makliker te maak.”
Die organiseerders sê dié geleentheid is gemik op almal wat ’n oog op die toekoms het, ’n eie besigheid bedryf of een vir die toekoms beplan, persone wat oor tien jaar wil aftree, jonger mense wat aan werksgeleenthede in die toekoms dink en welvaartskeppers.
Registrasie sluit einde Desember en kan gedoen word deur ’n e-pos te stuur na [email protected] of deur 063 793 6871 te skakel.
Die koste vir die Toekomsgesprek beloop as volg:
Maatskappye (vier persone) R 2 400,00
Individue R 150,00
Pensioenarisse R 100,00
Studente R 50,00