Luister nou

Rugbylegende, Hennie van Zyl, sterf

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Hennie van Zyl is gisteraand vermoedelik aan hartversaking in die ouderdom van 89-jaar oorlede.

Volgens sy susterskind, ds. Peter Stans, is hy die afgelope tyd in ‘n versorgingsoord in Johannesburg versorg.

Van Zyl was ‘n vleuel en het sy provinsiale debuut in 1959 vir Transvaal gemaak.

Hy het tien toetse vir die Springbokke gespeel en gehelp dat die Springbokke Nieu-Seeland in 1960 op Ellispark ‘n bloedneus gee.

Hy het die Springbokke egter in 1962 vir die rugbyliga verruil en het later die onder-21-Transvaalse Rugbyspan afgerig.

Hy laat sy vrou, Tillie, sy dogter, Michelle en seun, Deon asook twee kleinkinders agter.

Die begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

Fotokrediet: SupaRugby

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord

Fotokrediet: Remitly

SA se finansiële vertroue bly stabiel

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Adventure Life
Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek
Brandende motor - IOL
Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld
Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel

Luister nou