Marelize Maré
Die Suid-Afrikaanse regering en intelligensiedienste het ’n ondersoek van stapel laat loop na die omstandighede rondom die aankoms van 153 Palestynse vlugtelinge verlede week, te midde van toenemende kommer dat die reis deur ’n duistere organisasie, Al-Majd Europe, gereël is.
Daar word geglo dat dit deel van ’n stelselmatige veldtog van gedwonge migrasie is.
Die aankoms het die kollig geplaas op ’n beweerde netwerk wat Palestyne uit Gaza na internasionale bestemmings neem.
Die lugredery, Global Airways sê dit was nie ’n geïsoleerde voorval nie, aangesien hulle op 28 Oktober Palestyne vanaf Nairobi, Kenia vervoer het wat ongehinderd toegelaat is om Suid-Afrika binne te gaan onder die 90-dae-visumvrystelling.
Die stigter van Gift of the Givers, dr. Imtiaz Sooliman, het dit bevestig en beweer dat ’n vorige vliegtuig meer as 170 Palestyne aan boord gehad het.
Die minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola, sê intussen die Suid-Afrikaanse regering verwag nie verdere verdagte aankomste nie.
One Response
Ek glo niks wat die Suid-Afrikaanse (ANC) regering oor hierdie kwessie kwytraak nie. Die “intelligensiedienste” is toe nie so intelligent nie. Hulle probeer nou die blaam vir die hele petalje op iemand anders plaas.
Pres Ramaphosa: “I am shocked!”.