Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, het ’n streng waarskuwing van die hooggeregshof in Pretoria ontvang tydens sy vonnisoplegging.
Agrizzi se vonnis is opgeskort nadat hy skuldig gepleit het op die bedrog- en geldwasseryaanklagtes teen hom.
Hy is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis, maar die vonnis is vir vyf jaar opgeskort weens sy swak gesondheid.
Toe die staat en verdediging hul pleitooreenkoms aan regter Papi Mosopa voorlê, was hy taamlik krities oor óf Agrizzi werklik berou getoon het, aangesien hy eers 12 jaar ná die misdade na vore gekom het om voor die Zondo-kommissie te getuig.
Regter Mosopa het ook bevraagteken of Agrizzi nie weer soortgelyke misdade sou kon pleeg as hy nie tronk toe gestuur word nie.
Die regter het Agrizzi daaraan herinner dat, indien hy nie met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) saamwerk in ander Bosasa-verwante korrupsiesake nie, hy tronk toe gestuur sal word.
Fotokrediet: Delwyn Verasamy
One Response
So jy steel miljoene, en omdat jy n suurstof pypie het word jy net oor die vingers getik. Daar is beslis twee stelle wette. Een vir die gewone man op straat en dan ander reels vir die met politieke banded.