Luister nou

Emfuleni bestee miljoene aan grafgrawers

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng is onder skoot oor meer as R11 miljoen wat oor drie jaar aan private grafgrawers bestee is, ondanks die feit dat hy oor sy eie parke- en ontspanningsdepartement beskik.

Dié inligting is onthul nadat die DA in die Gautengse wetgewer ’n geskrewe vraag aan die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, gerig het.

Die DA wou weet hoeveel geld tussen 2022 en 2025 aan grafgrawers bestee is en presies hoeveel diensverskaffers ingekontrakteer is.

Die party se kiesafdelingshoof in die noorde van Emfuleni, Kingsol Chabalala beskou die uitgawe as verkwiste en onregverdigbare besteding.Die munisipale woordvoerder, Anita Sehlabo sê egter die uitkontraktering was ‘n tydelike noodsaaklikheid weens ’n tekort aan handearbeid, maar dat die munisipaliteit bykomende werkers vir agt begraafplase aangestel het en in die proses is om laaigrawe aan te koop om die grafte self te kan grawe.

Die DA meen die munisipaliteit laat die belastingbetaler in die steek wat dienslewering betref, terwyl diensverskaffers miljoene in hul sak steek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Ander Nuus Artikels

Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem

Luister nou