Die vuurwapenverhoor van die EFF-leier, Julius Malema en sy voormalige lyfwag, Adriaan Snyman, is vandag wéér vertraag, omdat die hof se tyd te min was om die uitspraak volledig te lewer.
Landdros Twanet Olivier, wat reeds vir twee dae lank met uitspraak besig is, het gesê die hof moet stap vir stap verduidelik hoe sy tot ’n beslissing kom – wat die proses aansienlik verleng het.
Die saak hou verband met die EFF se vyfde verjaarsdagviering in Mdantsane in 2018, waar Malema glo ’n vuurwapen in die lug afgevuur het, nadat Snyman dit aan hom oorhandig het.
Albei ontken skuld en beskryf die klagte – wat onwettige wapenbesit en oortredings van die Vuurwapenbeheerwet insluit – as ’n politieke heksejag.
Die hof sal môre met uitspraakverrigtinge voortgaan.
One Response
Daar sal geen uitspraak wees nie.